Dwerguiltjie

Home

Akkommodasie in Reitz. Pratige privaat gastehuis genaamd  Dwerguiltjie.  Ongeveer ‘n 1uur en 45 minute se ry vanaf Johannesburg.  Gerieflik vir die besigheids persoon wat privaat en ongestoor wil  werk of sommer net vir ‘n rustige naweek op die platteland.  ‘n Wegbreek naweek van die geraas en woelige verkeer van die stadslewe.

Dwerguiltjie gastehuis se gasvryheid  is tipies van ‘n plattelandse dorpie.  Heerlike tuisgemaakte etes, regte boerekos met vars brood en tuisgemaakte konfyte  word bedien met ‘n kontinentale ontbyt. Aandetes en middagetes word voorsien op versoek.  Tee, koffie en tuisgemaakte soetkoekies kan by aankoms geniet word in ‘n heerlike plattelandse atmosfeer.

Die gastehuis is toegerus met ‘n alarmstelsel, toesluit motorhuis, ‘n privaat tuin en u eie kombuis, sitkamer, eetkamer en badkamer. Etes kan voorsien word op versoek of anders kan u u eie etes voorberei in die kombuis wat toegerus is met ‘n microgolf, stoof, yskas en alles wat jy sal nodig hê as jy selfversorgend sou wou wees.

Volle DSTV, Wi-Fi wat jy in jou eie privaat sitkamer kan geniet.

Winkels, apteek, kitsbanke, banke, kerke, restaurante, kitskos en vele meer is binne loopafstand van die gastehuis geleë.    

Dinge en plekke te sien in en om Reitz omgewing  : 

Die Wolweplaas vir Husky’s en wolwe,  Dacor Roosplaas net buite die dorp en Loins Rock net voor Bethlehem.  Reitz Gholfbaan beskik oor ‘n 9 putjie baan, asook rolbalbane, muurbalbane en tennisbane binne die dorp.  Laaste maar nie die minste nie is ons jaarlikse Bieleimieliefees, die fees met gees word elke jaar in Februariemaand gevier.

Clarens is ongeveer 45 minute vanaf Reitz en Golden Gate Natuurreservaat ongeveer 55 minute van Dwerguiltjie Gastehuis.  Vir die wildjagter is hier heelwat jagplase in die omgewing en die vriendelike boere gretig om u van diens te wees.

 


Accommodation in Reitz, Dwerguiltjie guest house is a private guesthouse only 1 hour 45 min drive from Johannesburg. This is for the business person who wants to have some quiet times after a hard days work, to the getaway as a family for a quiet weekend.  Enjoy the hospitality of the Platteland and  typical “boere kos” for lunch and supper on request.  Tea, coffee and homemade “soet cookies” tray on arrival.

The guesthouse is private, with your own sunny garden, lounge, dining room, bath room and private kitchen.  The kitchen is equipped with a microwave, stove, fridge and all  accessories for self- catering.  Alarm system for your protection, secure fencing around and lockup garage is part of your private accommodation at the Dwerguiltjie guest house.

Full DSTV and Wi-Fi to enjoy in your private own lounge.

Close to all the shops, pharmacy, restaurants, take away,banks, liquor store and many more.

Things to do and see in Reitz  : 

The Wolf Sanctuary, Dancor Rose Farm, Lions Rock at Bethlehem and the district of Reitz. Reitz Golf Course 9 holes, tennis and squash courts as well as the Reitz Bowling Green.  And the famous “Bieliemielie Fees. Die fees met die gees.”  Always held during the month of February. 

A morning visit to Clarens, about 45 min from Reitz. Golden Gate Reserve about 55 min from Reitz. Beautiful hunting farms in and around in the Reitz area. Accommodation also available on request.